Anna van Pole

Anna van Pole
Koning van Pole en Grootvors van Litaue
Anna van Pole in haar bekroningsornaat
Anna van Pole in haar bekroningsornaat
Vorstehuis Jagiello
Titels Anna, koning van Pole deur God se genade, Grootvors van Litaue
Regeer 15 Desember 1575 - 1586
Kroning 1 Mei 1576 in Warskou
Voorganger Hendrik van Valois
Interrex (1574-1575)
Opvolger Interrex (1586-1587)
Sigismund III Wasa
Volle naam Anna Jagiellonka
Gebore 18 Oktober 1523; Krakow, Pole
Oorlede 9 September 1596; Warskou, Pole
Begrawe Wawel-katedraal, Krakow
Eggenoot Stefanus Báthory
Vader Sigismund I van Pole
Moeder Bona Sforza
Handtekening

Anna van Pole, dikwels ook Anna Jagiellonica (Pools Anna Jagiellonka, Litaus Ona Jogailaitė) genoem; * 18 Oktober 1523 in Krakow; † 9 September 1596 in Warskou; was 'n Pools-Litause prinses uit die huis Jagiello en die dogter van koning Sigismund I.

Anna, die laaste lid van die Huis Jagiello, is saam met haar destydse verloofde Stefanus Báthory as mede-heerser in die tweede verkiesing van die Pools-Litause Gemenebes verkies. Sy het formeel vanaf 1575 tot met haar afsterwe as verkose staatshoof van Pole-Litaue ("koning" van Pole en grootvors van Litaue) geregeer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search